Help ons soek na Solidariteit se lid van die jaar 2010!

Jy weet dalk van iemand of is self ʼn lid wat ʼn ware ambassadeur vir Solidariteit in die werkplek is. Help ons om ʼn lid van die jaar vir 2010 aan te wys – daar is groot pryse op die spel!

In die volgende uitgawe van die Solidariteit Tydskrif gaan ons tien nominasies plaas waaruit finalis nommer een gekies gaan word. In elk van die twee daaropvolgende  uitgawes sal ʼn finalis op soortegelyke wyse gekies word. ʼn Algehele wenner uit die drie finaliste sal in die laaste uitgawe van die jaar aangekondig word.

Wen, wen, wen!!!

  1. Elkeen van die tien genomineerde lede in die drie betrokke uitgawes wen twee fliekkaartjies.
  2. Die drie finaliste wen elk ʼn vakansie.
  3. Die algehele wenner wen ʼn platskerm TV te waarde van R10 000.

Hoe om ʼn Solidariteit lid te nomineer

Die lid wat jy graag wil nomineer, moet aan die volgende kriteria voldoen:

  • Die persoon moet ʼn lid van Solidariteit wees.
  • Die persoon se prestasie of die verskil wat hy/sy in die gemeenskap en werkplek maak, moet uitsonderlik van aard wees en nie bloot alledaags nie.
  • Die persoon moet ʼn positiewe verskil in die werkplek maak.
  • Die persoon is ʼn leier en rolmodel wat ander beïnvloed en motiveer om dieselfde as hy/sy te doen.
  • Die persoon streef sukses na en kan struikelblokke oorkom.
  • Die persoon is pligsgetrou, verantwoordelik, eerbaar en onbaatsugtig.
Persoon genomineer
Jou besonderhede
 

cforms contact form by delicious:days